Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Loading player...
Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort.

Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek.
Ook wat hulle nie soek nie.
Hy sê uit 900 mense se terugvoer is dit vir hom baie helder predikante moet mense ontmoet daar waar hulle in hulle geloofsreis is.

* Kerkbode is 'n publikasie van Bybel-Media.
13 Mar Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min