Die Onse Vader

Loading player...
Die meeste van ons ken Die Onse Vader uit ons koppe uit. Dit is egter belangrik om te onthou dat dit nie ’n gebed is wat jy blindelings napraat omdat dit die een of ander magiese krag het nie. Jesus het nie vir ons ’n rympie gegee om te bid nie, maar eerder ’n struktuur waarvolgens ons ons gebede kan rig. In hierdie uitsending gaan ons die model-gebed reël vir reël analiseer om sodoende te leer hoe om dit toe te pas wanneer ons bid.
6 Feb Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Jesus Eeste

In Die Christen Reis, wil ons mekaar aanmoedig om Christenskap aktief en onbeskaamd uit te leef. Vandag gesels Madeleine met Theunis en Culette Duvenage, oor alledaagse Christenskap, en wat dit beteken om Jesus eerste te plaas in alles wat jy doen. Hulle was vir jare selgroepleiers gewees, en hulle liefde…
30 Jan 1 hr 21 min

Staan op en maak 'n verskil

Dit is moontlik om, in die Here se krag, uit moeilike omstandighede op te staan, en dan ander te help om dieselfde te doen. Berenice Kogana – een van Voelgoed Media se Top 3 Inspirasievroue vir 2025 – se lewe getuig hiervan, en sy het haar kragtige getuienis kom deel
23 Jan 1 hr 28 min

Psalms

Wanneer ’n mens met vars oë na die Psalms gaan kyk, ontdek jy baie wonders. Ons gesels oor verrassende poëtiese strukture, en bestudeer Psalm 91 in diepte. Madeleine gesels ook met dr. Ronell Bezuidenhout oor haar boek, Al Psalmend, wat deur CLF uitgegee word, en waaruit sy weekliks gaan voorlees
16 Jan 1 hr 19 min

Weet wie jy is

Wat sê jy nou eintlik as jy sê jy is ‘n Christen? Ons gaan kyk in diepte wat die Woord hieroor sê, waarom jy as Christen kosbaar is, wat dit beteken om die Here s’n te wees, en die beloftes wat saam met Jesus se opdrag van liefde kom. Ek…
9 Jan 52 min

2026 - 'n Christus-Jaar

Mag 2026 die jaar wees waarin jou geloof berge skuif, en jou toewyding aan God ’n honderdvoudige oes oplewer. Mag dit jou Christusjaar wees. Theuns Blom is 'n ervare pastoor, leraar, berader en dissipelmaker met meer as vier dekades se bedieningservaring. Hy deel inligting rondom die in-diepte Bybelstudie wat hy…
2 Jan 1 hr 17 min