Kollig episode 53 | Vroue in leierskaprolle by die kerk – die gesprek bly relevant

Loading player...
Dit was nie “Die Kerk” wat haar meer as twee dekades gelede gekeer het om teologie te gaan studeer nie … Dit was sy sélf. Só vertel dr Nioma Venter in ’n gesprek oor vroue as leiers in die kerk.

Venter is algemene sekretaris van die NG Kerk en een van drie paneellede wat gesels het oor Skrifverstaan, hoe kerkwees lyk as ’n mens van mekaar verskil en hoekom hierdie onderwerp relevant bly. Saam met haar in gesprek is Lerisa Meyer, ’n gemeenteleraar van die NG Kerk in KwaZulu-Natal en vanaf die Hervormde Kerk, Tanya van Wyk wat ’n professor in sistematiese teologie is.

Die gesprek volg na aanleiding van besluite wat geneem is by die sinode van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) op Potchefstroom in Januarie (Lees meer in Kerkbode - webskakel is onder) – maar is nie ’n indiepte-bespreking daarvan nie.

Luister gerus saam na 2026 se eerste episode vir Kerkbode Kollig, ’n reeks wat kerknuus met deernis en insiggewend wil bespreek.
16 Jan Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 2025 19 min