
‘n Liefde vir lees in Afrikaans met SLIM – Speel en Lees vir Intelligente Maatjies
Loading player...
Agneta Grové van SLIM- Speel en Lees vir Intelligente Maatjies, is ‘n Spraakterapeut en Oudioloog met 45 jaar ervaring in verskeie kliniese omgewings. Sy verstaan die voordele van speel en die waarde van lees vir alle kinders maar het ook die leemte in die Afrikaanse mark gesien. Sy het haar praktyk uitgebou met ‘n aanlyn platform met ouderdoms-toepaslike opvoedkundige speelgoed en boeke. Sy sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel hoe jy en jou kind die nuwe skooljaar saam kan aan pak. Besoek gerus ook www.slim.net.za vir meer inligting.

