Woord vir Vandag - 31 Jan 2026
Loading player...
Saterdag 31 Januarie
“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV
Doen altyd jou bes
‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van eet en slaap gevolg het ontvou, totdat die tyd vir die aandkonsert aangebreek het. Sy het haar viool noukeurig geïnspekteer, haar sitplek ingeneem, haar bladmusiek gerangskik en haar instrument gestem. Eers het die dirigent vaardig een groep musikante gelei, toe ‘n ander, totdat haar oomblik uiteindelik aangebreek het. Dit was tyd vir haar een noot om gespeel te word! Die dirigent het na die violis gedraai en aangedui dat sy haar een noot moet speel. Sy het, en toe was die oomblik verby. Die orkes het aangehou speel en die ‘eennootmusikant’ het stil deur die res van die konsert gesit - nie met ‘n gevoel van teleurstelling dat sy net een noot gespeel het nie, maar met ‘n gevoel van tevredenheid dat sy haar een noot in harmonie, op tyd en met al haar vermoë gespeel het. Jesus vertel die verhaal van die besigheidsman wat vir drie van sy werknemers talente gegee het om namens hom te belê. Aan een is vyf talente gegee, aan ‘n ander twee talente en aan die laaste een is een talent gegee, ‘…vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid…’ (Matteus 25:15 NLV). Die Bybel sê dat ons in die hemel vir ons diens aan Christus hier op aarde beloon sal word. Hoe sal God besluit wat jou beloning moet wees? Jesus het gesê: ‘…vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid…’ Of soos Salomo dit stel: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…’ Doen dus die beste wat jy kan met dit wat God vir jou gegee het.