Woord vir Vandag - 19 Jan 2026

Loading player...
Maandag 19 Januarie
“Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God.” Efesiërs 2:8 NLV
Verlossing is ‘n gawe
Jack Welch, wat die General Electric-maatskappy deur van sy winsgewendste jare gelei het, het ‘n boek genaamd Winning geskryf. Hy het baie van die verskillende vrae wat mense hom gereeld gevra het en sy antwoorde daarop geneem en ‘n boek oor bestuursbeginsels geskryf. Een vraag was: ’Dink jy jy sal hemel toe gaan wanneer jy sterf?’ In reaksie hierop het Jack ‘n paar van die foute wat hy in besigheid en in die lewe gemaak het, insluitend twee egskeidings, genoem. Toe het hy gesê: ‘Dus, wat die hemel betref, wie weet? As daar egter enige punte toegeken word vir omgee oor ander mense en om alles elke dag uit die lewe te probeer put, dan dink ek dat ek dalk ‘n kans staan!’ Om hemel toe te gaan gaan egter nie daaroor om vir mense om te gee en om elke dag die lewe aan te gryp nie. Dit gaan daaroor om jou vertroue in Jesus Christus te plaas - en in Hom alleen. Miskien is dit moeiliker vir suksesvolle sakelui as vir ander mense om hierdie waarheid te verstaan, omdat hulle eie dryfkrag, visie en energie hulle gehelp het om sukses te behaal. Wanneer dit egter by die hemel kom, tel daardie eienskappe nie. Niemand verdien die hemel nie; dit is ‘n gawe. ‘Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here!’ (Romeine 6:23 NLV). Hebreërs 6:4 (NLV) noem dit ‘…die wonderlikheid van God se geskenk…’ Die apostel Paulus skryf: ‘Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie’ (Efesiërs 2:8-9 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min