Kollig episode 52 | Aftrede – Dr Thys Smith vertel meer oor hierdie lewensfase

Loading player...
Die lewensfase na aftrede trek wêreldwyd aandag. Mense leef langer en werk langer. Dit het “statuur gekry” sê dr Thys Smith van Wellington. Hy het self al drie keer afgetree en op 79 het hy ook ’n boek geskryf oor die tema van sinvol aftree.

Hy sê een van die belangrike dinge wat hy ontdek het ’n mens met aftrede moet weet is dat jy aftree nie om te gaan stil sit nie, maar om aan te tree vir ’n nuwe lewensfase. Een met sy eie unieke uitdagings, geleenthede en genietinge. Só vertel hy vir Heléne Meissenheimer vir hierdie aflewering van Kerkbode Kollig. In ons podsending van so 15 minute vertel hy meer oor die leefwêreld van ouer mense vandag na aanleiding van sy boek, Anderkant 65: Aftrede en daarna.

Dr Thys Smith se boek kan aanlyn bestel word by CLF (R230). Kyk ook uit vir die onderhoud met hom in die Desember-uitgawe van LiG, susterpublikasie van Kerkbode.
15 Dec 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Podsendings : Oor die vertel van stories in klank

Wat moet ek weet as ek ’n idee het vir ’n podcast show? So drie jaar terug het KaapKerk in samewerking met Kerkbode die Klank Kompas-platform geloods as ’n toeganklike tuiste vir geloofsinhoud in klank. In hierdie episode gesels DJ Muller (KaapKerk) en Heléne Meissenheimer (Kerkbode) ondermeer oor wat hulle…
18 Nov 48 min

Kollig episode 67 | Hoe help die Enneagram my as dominee?

’n Wye verskeidenheid hulpmiddels is in die domein van selfkennisprogramme beskikbaar. Die Enneagram, ’n persoonlikheidstipe-model met antieke oorsprong, wek die afgelope klompie jare toenemend belangstelling. Ook onder predikante. Ds Maartje van der Westhuizen is een van talle wat opgelei is om die Enneagrammodel aan te bied. Sy en twee deelnemers…
11 Sep 29 min

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min