Woord vir Vandag - 24 Des 2025

Loading player...
“En die Woord het mens geword en by ons kom woon…” Johannes 1:14 NLV

Reik hierdie Kersfees na iemand toe uit

Hier is 'n wonderlike verhaal wat in die Presbiteriaanse Kerk in New York afgespeel het. Dit gaan oor ‘n alkoholis, genaamd Jim, wat op die herstelpad was. Dit was sy eerste Kersfees alleen en toe ‘n jong gesin langs hom in die kerkbank gaan sit, kon hy dit nie hanteer nie. Op pad by die kerk uit, het hy pastoor Thomas Tedwell ontmoet, wat gevra het waarheen hy gaan. ‘Uit vir 'n drankie,’ het Jim geantwoord. Tedwell het gesê: ‘Jy kan nie dit doen nie. Waar is jou AA borg?’ ‘Op vakansie,’ het Jim geantwoord. ‘Ek het vanaand hierheen gekom op soek na ‘n woord van hoop en het langs daardie gelukkige gesin beland. As my lewe nie so ‘n gemors was nie, sou ek hier saam met my familie gesit het.’ Terwyl die pastoor na die kansel gestap het, het hy gebid: ‘God, gee my ‘n woord van hoop vir Jim.’ Nadat hy die gemeente verwelkom het, het hy gevra: ‘Ek het ‘n ongewone versoek. As iemand hier ‘n vriend van Bill W. is, ontmoet my asseblief in die konsistorie. (Bill Wilson was die medestigter van Alkoholiste Anoniem). Onmiddellik het mense begin reageer en Jim het stadig omgedraai. Soos dr Tedwell opgemerk het: ‘Terwyl ek besig was om te preek, het die Woord voor my oë vlees geword!’ Hierdie Kersfees ly sommige van die mense rondom jou; hulle het hoop verloor. Laat die Woord dus vlees word. Hef diegene wat geval het op, bemoedig die wanhopiges en bedien die siekes, die eensames en die vergetenes. Jesus het gesê: ‘…As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het… het julle dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV). In plaas daarvan om jouself hierdie jaar eenkant te hou, reik na iemand uit. Probeer dit – dit sal jou beste Kersfees ooit wees!
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min