Kultuurskok

Loading player...
Vir baie mense klink emigrasie dikwels na ‘n avontuur, met nuwe geleenthede en ‘n vars begin. Maar vir duisende Afrikaners is dit veel meer as net ‘n skuif op ‘n kaart en ‘n nuwe avontuur. Want aanpassing in ’n nuwe land is nie net papierwerk nie. Dis ‘n kultuurskok. In hierdie episode van GRENSLOSE GESELSIES, ‘n podsending van MyHartland, gesels ons met Sue-Ann de Wet van AfriForum Wêreldwyd oor hierdie uitdagings en aanpassing.
4 Nov Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Geloftedag. Maak dit nog saak as ek in die buiteland woon?

Dis 16 Desember. Iewers in ’n sneeubedekte voorstad sit ’n Afrikaner gesin knus voor die kaggelvuur. Die kinders vra: “Mamma, wat vier ons vandag?” Die mamma probeer verduidelik, maar dis nie heeltemal so maklik nie. Tog is dit vir haar belangrik dat haar kinders moet verstaan wat Geloftedag is. Maar…
15 Dec 17 min

Geskenkies is nie net blink pakkies onder die boom nie

Dis amper Kersfees en oral in die winkels en in huise hang daar blinkers en lint en liggies, en die winkels se rakke kreun behoorlik onder die gewig van geskenke. Maar daar’s ’n ander geskenk wat nie in blink geskenkpapier toegedraai kan word nie — een wat nie onder ’n…
9 Dec 20 min

Werksgeleenthede en die pad terug na SA – jy begin nie oor nie, jy begin op!

Daar is ‘n vrees wat binne talle Afrikaners in die buiteland skuil: “Wat as ek teruggaan, maar nie werk kry nie?” Jy het dalk ’n CV wat van jou internasionale sukses getuig. Jy’t dalk al vir reuse-maatskappye gewerk, verskillende tydsones bestuur… maar hoe klink en lyk dit in Afrikaans? In…
2 Dec 15 min

Van Suid-Afrika na elders: Verlies, vryheid en volhoubaarheid

Langs my op die vliegtuig sit ‘n tannie. Sy is feitlik heeltemal grys met diep hartseer-plooie langs haar oë. Sy is op pad om vir haar kinders in Nederland te gaan kuier. Sy het haar seun en sy gesin drie jaar laas gesien... Op dié episode van Grenslose Geselsies –…
26 Nov 24 min

Families wat agterbly

Sy staan by die hek en waai lank nadat die kinders en kleinkinders deur die hekke op OR Tambo is. In haar hand ’n verrimpelde tissue, in haar hart ’n mengsel van trots en hartseer. Vandag se Grenslose Geselsies praat saam met Sue-Ann de Wet van AfriForum Wêreldwyd oor dié…
18 Nov 11 min