S01E11 Anansi Bring Wysheid Na Wêreld

Loading player...
Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie...

Wat gebeur as jy glad nie so slim is as wat jy dink nie?
Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.
Sien, alhoewel hy bekend is vir sy gekskeerdery en poetse, het hy ook sy skerp manier van dink en sy vermoë om slim planne te beraam gebruik om te kry wat hy wou hê. En in hierdie geval is dit nie sommer ietsie kleins nie. O, nee.
Hoe gemaak as ‘n klein spinnekoppie ‘n enorme plan kry en vir al die wysheid in die wêreld wil bymekaarmaak? Elke laaste liewe bietjie daarvan. Net vir homself.
Waar gaan hy oral moet soek? Om nie eers te praat van wat hy daarmee gaan doen as jy dit eers in die hande het nie.
En dit is maar net die begin van ‘n stryd waarin Anansi met baie moeiliker uitdagings en baie eenvoudiger oplossings gekonfronteer word.
Om slim te wees is een ding...
Al wat dit somtyds neem is ‘n onbetrokke buitestaander om selfs die slimste van slimmes reg te help, en die lewe bietjie makliker vir almal te maak.
En dit is presies wat met Anansi gebeur.
4 Oct 2025 Afrikaans South Africa Kids & Family · Fiction

Other recent episodes

S03E10 Jan en die Boontjierank

Wanneer Jan sy ma probeer help deur hulle getroue koei te ruil vir ‘n hand vol towerbone, is dit net die begin van ‘n reuse avontuur soos min.
10 Oct 17 min

S03E09 Die Drie Wense

‘n Arm houtkapper se goeie daad word met drie wense beloon, maar tussen hom en sy vrou slaag hulle daarin om nie die heel beste van die geskenk te maak nie.
3 Oct 10 min

S03E08 Die Klein Mensies se Geskenke

In die tye voor motorkarre, busse en treine, het mense te voet gestap na waar hulle moes wees. Eendag was 'n kleremaker en 'n goudsmid saam op reis. Laat een middag, net toe die son agter die berge begin wegsak, het hulle die klank van musiek vanuit die verte gehoor…
26 Sep 12 min

S03E07 Peter en die Wolf

Peter hou van buite speel saam met al die diere, maar sy oupa is met goeie rede bang vir die groot, wrede wolf wat buite rondloop. Sal Peter na goeie raad luister, of is hy en sy dierevriende in vir ‘n groot verrassing? Luister gerus saam na hierdie vertelling van…
20 Sep 11 min

S03E06 'n Hond Met 'n Been

Benerige Bennie het nie gekies om deel van die lewende dooies te wees nie, maar arme Neels het ook nie gekies om ‘n weerhond te word nie. Sal die twee mekaar met hulle nuwe, vreemde sitausie kan help?
12 Sep 18 min