Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

Loading player...
“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV

Staan op en hou aan! (1)

Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie. Dit is die vermoë om oor ‘n lang tydperk hard na ‘n gefokusde doelwit te werk; om ten spyte van uitdagings, struikelblokke en mislukkings aan te hou vorentoe beweeg. Paulus skryf: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (verse 8-9 NLV). Hier is ‘n paar bekende mense wat eers platgeslaan is, maar opgestaan en aangehou het. ‘n Memorandum wat ná Fred Astaire se eerste oudisie uitgereik is, het gesê: ‘Kan nie toneelspel nie. Effens bles. Kan ‘n bietjie dans.’ Walt Disney is deur ‘n koerantredakteur weens ‘n gebrek aan idees afgedank. Hy het ook verskeie kere bankrot gespeel voordat hy Disneyland gebou het. Albert Einstein het eers op vier jaar oud begin praat en eers op sewe begin skryf. Sy onderwyser het hom as volg beskryf: ‘Verstandelik stadig, ongesellig en al ewig besig om dwase drome te droom.’ F. W. Woolworth se werkgewers het gesê dat hy nie genoeg verstand het om klante te bedien nie. Winston Churchill het op laerskool gedruip. Hy het eers op ses-en-sestig-jarige ouderdom, na ‘n leeftyd van nederlae en terugslae, Eerste Minister van Brittanje geword. Hy het sy grootste bydrae as ‘n senior burger gelewer. Abraham Lincoln het een keer gesê: ‘Hou in gedagte dat jou eie besluit om sukses te behaal, belangriker as enige ander besluit is.’ Wanneer die lewe dus jou planne in die wiele ry, staan weer op en hou aan!
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min