Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

Loading player...
“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV

Hoe om met ander oor die weg te kom

Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te werk, ‘n huwelik te onderhou, kinders groot te maak, die evangelie met mense te deel, om mense te help wat minder bevoorreg is, ens. Lewe volgens die volgende Skrifgedeelte: ‘…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.’ Probeer om verder as jouself, jou belange en jou eie wêreld te kyk. Wanneer jy besluit om vanuit elke moontlike hoek oor ‘n saak te besin: (a) kyk daarna in die lig van die ander persoon se verlede, (b) vind uit wat die ander persoon se belangstellings en bekommernisse is, en (c) lê jou eie plan opsy en probeer om te sien wat die ander persoon sien. Dit is ‘n kragtige benadering, want dit beteken dat jy werklik met hulle kontak probeer maak. As jy by enige groep- of spanaktiwiteit aansluit, weet jy hoe noodsaaklik dit is dat elke persoon die geheelbeeld en nie net sy eie deel sien nie. Wanneer ‘n persoon nie besef dat sy optrede met die van die span moet ooreenstem nie, ly die hele span. Hoe beter ‘n spanlid die geheelbeeld begryp, hoe groter is hul potensiaal om met die span saam te werk. Om met mense oor die weg te kom en saam met hulle te werk, verg inspanning: om hul behoeftes, hul doelwitte, hul seerkry en hul stryd te leer verstaan. Dit is wat Jesus met ons doen. Die Bybel sê dat Hy ‘…ten volle met ons in ons swakhede saamvoel…’ (Hebreërs 4:15 NLV). Om in sy voetspore te volg, moet jy poog om dieselfde met ander mense te doen.
12 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min