Woord vir Vandag - 23 Julie 2025

Loading player...
“Maar julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie!” Galasiërs 5:15 NLV
Hanteer verhoudingskwessies (1)
Elke verhouding wat die moeite werd is, kan probleme ondervind. Met dit in gedagte, is dit belangrik om die volgende te besef: 1) Probleme is onvermydelik, normaal en moontlik voordelig. Hulle is onvermydelik, omdat verhoudings verskillende mense bymekaar bring. Hulle is normaal, omdat alle verhoudings, selfs wonderlike verhoudings, laagte- en hoogtepunte deurmaak. Hulle is ook moontlik voordelig, omdat wanneer die probleme effektief hanteer word, die verhouding kan groei. 2) Oor die algemeen is daar drie maniere om probleme op te los. a) Die vermydingstyl. Hierdie mense begrawe hulle gevoelens sonder om te besef dat daardie gevoelens onvermydelik weer later gaan opduik. Hulle bly stil, die gevoelens bou op en hulle ontplof dan, wat geestelike, emosionele en fisiese newe-effekte meebring. Terseldertyd hou die probleem aan groei en die ongedane sake kalwe die verhouding weg. b) Die aanvalstyl. Hierdie mense is vegters wat weier om op te gee, dus hou hulle aan om wonde toe te dien; wonde wat moeilik is om gesond te word. Die Bybel sê: ‘Maar julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie!’ Aanvalle veroorsaak teenaanvalle en niks word opgelos nie. c) Die benaderingstyl. Hierdie mense is sensitief vir ander mense se gevoelens, maar dring daarop aan om belangrike kwessies direk aan te spreek. Hulle vermy dit om blaam uit te deel, val die kwessie eerder as die individu aan en nooi ander uit om saam met hulle te werk om die probleem op te los en die verhouding te versterk. Probeer dit – dit werk!
22 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min