Alle paaie lei na Fraserburg vir die oudste jeugdramageleentheid in die land!

Loading player...
Die Fraserburg Logan Toneelfees is Suid Afrika se grootste en oudste jeugdramageleentheid. Dit is opvallend ook die langslopende Afrikaanse fees wat op een plek aangebied word. Dit vind jaarliks plaas tydens die eerste week van Augustus en speel af in die ouditorium van Hoërskool Fraserburg, wat as ‘n lojale ondersteuner van die fees dien. Tydens die fees word daar ook ‘n verskil gemaak in die gemeenskap se lewens met spesifieke fokus op kinders as begunsdigdes van die “Be The Good” inisiatief. Oscar van Antwerpen, HUB van Minrom en stigter van “Be The Good” sluit by OFM se Yolanda Maartens aan en vertel oor die besonderse gebeure wat plaasvind tydens die Logan Toneelfees sowel as die Fossielpraatjies wat die publiek kan ondersteun. Meerbesonderhede beskikbaar by https://logantoneelfees.co.za/
14 Jul 2025 9AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

KYB Academy se werksgeïntegreerde leerbenadering laat hul uitstaan bo die res

KYB Academy is ’n vooruitstrewende opleidingsinstansie in Potchefstroom wat daarop fokus om jongmense toe te rus vir werksgeleenthede met relevante, praktiese beroepsopleiding. Akademiese en Nagraadse Ondersteuningsbestuurder by KYB Academy, Frans Neveling, sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor hul TECH en TEPP programme so wel as wat hul…
8 Jan 4AM 2 min

Akademia kan jou help om jou studie drome in aksie om te skakel – al werk jy reeds

Werk jy reeds maar het jy drome om verder te studier? Akademia se nauurse afstandsmodel bied vir jou die geleentheid om jou drome in aksie om te skakel. Kayla Barker gesels met Danelle Conradie, bemarkingsadviseur by Akademia, hieroor. Neem die eerste tree op jou studiereis deur www.akademia.ac.za te besoek. Studieaansoeke…
12 Dec 2025 3AM 3 min

Akademia se landbouskenkingsfonds loop hand in hand met hul toekomsplanne

Die Akademia-landbouskenkingsfonds is in 2025 gestig om Akademia se landbouontwikkeling, wat deel sal vorm van die instelling se 2028- wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria, te ondersteun. Zander Botha, bestuurder van die Akademia-skenkingsfonds sluit by Yolanda Maartens aan met al die opwindende besonderhede. Besoek gerus ook akademia.ac.za
10 Dec 2025 4AM 4 min