Alle paaie lei na Fraserburg vir die oudste jeugdramageleentheid in die land!

Loading player...
Die Fraserburg Logan Toneelfees is Suid Afrika se grootste en oudste jeugdramageleentheid. Dit is opvallend ook die langslopende Afrikaanse fees wat op een plek aangebied word. Dit vind jaarliks plaas tydens die eerste week van Augustus en speel af in die ouditorium van Hoërskool Fraserburg, wat as ‘n lojale ondersteuner van die fees dien. Tydens die fees word daar ook ‘n verskil gemaak in die gemeenskap se lewens met spesifieke fokus op kinders as begunsdigdes van die “Be The Good” inisiatief. Oscar van Antwerpen, HUB van Minrom en stigter van “Be The Good” sluit by OFM se Yolanda Maartens aan en vertel oor die besonderse gebeure wat plaasvind tydens die Logan Toneelfees sowel as die Fossielpraatjies wat die publiek kan ondersteun. Meerbesonderhede beskikbaar by https://logantoneelfees.co.za/
14 Jul 2025 9AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Akademia se na-uurse afstand opsies bied buigbaarheid vir jou studies

Dianel Homsek, een van Akademia se nauurse afstandstudente sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel hoe Akademia jou kan help om jou studiedrome te verwesenlik - dit terwyl jy werk of ander belangstellings najaag. Sy vertel ook watse programme beskikbaar is in hul afstandsmodel en deel haar studentelewe-ervaring. Studieaansoeke…
25 Aug 8AM 3 min

Solar installasies van Romic Consulting bied uitstaande beleggings geleenthede

Romic spesialiseer net in die beste as dit kom by hul solar tegnologie. Hul meester gesertifiseerde installeerders maak seker dat elke klient gelukkig is voor hul die perseel verlaat. By Romic is solar nie net n besigheid nie, maar n passie. Eienaar Michael Erasmus sluit by Yolanda Maartens aan om…
18 Aug 4AM 4 min

Oktober is Omgie-maand en ENGO vra vroegtydig vir ondersteuning vanjaar

ENGO se geliefde gelukbringer OMGIE herinner luisteraars jaarliks daaraan dat een klein daad van omgee 'n groot verskil kan maak. Met Oktober en Omgiemaand wat vinnig nader kom, is dit tyd om uit te vind wat ENGO vir 2026 beplan. OMGIE sluit by Yolanda Maartens aan en vertel dat jy…
14 Aug 4AM 3 min