Woord vir Vandag - 4 Julie 2025

Loading player...
“…Diotrefes wat homself graag eerste stel…” 3 Johannes vers 9 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (1)
Rede een: onsekerheid. Die Florentynse filosoof Machiavelli het gesê: ‘Die eerste metode om die intelligensie van ‘n heerser te bepaal, is om te kyk na die mense waarmee hy homself omring.’ Onsekere leiers word deur talentvolle individue bedreig, daarom omring hulle hulself met swak mense. Gevolglik ly die werk en almal wat betrokke is, daaronder. Wanneer ‘n leier op ‘n opregte vraag reageer deur te sê: ‘Hoe durf jy my gesag uitdaag?’ is hulle gevaarlik en dikwels nie die moeite werd om te volg nie. Onsekere leiers misluk gewoonlik om twee redes: Hulle wil beheer oor alles behou, of hulle is bang om deur iemand meer bekwaam vervang te word. Leiers wat nie spanwerk aanmoedig nie, verswak hul eie potensiaal en ontmoedig die mense rondom hulle. President Woodrow Wilson het gesê: ‘Ons moet nie net al die breinkrag wat ons het gebruik nie, maar ook al die breinkrag wat ons kan leen.’ Die Apostel Johannes sê vir ons dat Diotrefes, ‘n leier in die kerk, homself graag eerste gestel het. Wat was die man se probleem? Hy wou almal anders se lig verdoof sodat syne helderder sou skyn. Dus skryf Johannes: ‘Daarom, wanneeer ek ook al kom, sal ek sy optrede onthou: Hy belaster ons deur bose gerugte te versprei en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy selfs ook nie die medegelowiges nie. Dié wat dit nog wil doen, verhinder hy en verban hulle uit die gemeente. Liewe vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het nie ‘n oog vir God nie’ (3 Johannes verse 10-11 NLV). Laat God se goedkeuring – wat jy reeds het – jou sekerheid gee!
3 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min