Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’

Loading player...
Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê.
Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het ná sy uittrede verlede jaar.
Smith sê hy het sy rugby die laaste paar jaar nie meer soos vroeër geniet nie. Hy glo ook ’n verandering is op Ellispark nodig as die Leeus weer ’n rugbykrag wil word.
“Hulle kort iemand wat die hamer gaan slaan,” sê hy.
Hy praat ook met groot lof oor Jake White, wat meer as 10 jaar gelede vir hom ’n geleentheid by die Brumbies gegee het.
Smith verduidelik ook hoe die poetse begin het wat hy en sy tweelingbroer, JP, gereeld op mekaar bak. JP is ook ’n oudrugbyspeler. Die tweeling het mekaar al deur diep waters gehelp, sê Ruan.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
2 Jul 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’

Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan. Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het.
25 Mar 29 min

JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg?

Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon. Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste…
18 Mar 21 min

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min