Woord vir Vandag - 10 Junie 2025

Loading player...
“…Dit is nie reg dat ons ons opdrag om die Woord van God uit te dra afskeep [nie]…” Handelinge 6:2 DB
Leer om te delegeer
Die Nuwe Testamentiese kerk het so vinnig gegroei dat die apostels oorweldig geraak het met die uitdaging om dit te bestuur. Wat het hulle dus gedoen? ‘Toe die twaalf apostels daarvan te hore kom, het hulle ’n gemeentevergadering belê. ‘’Dit is nie reg dat ons ons opdrag om die Woord van God uit te dra afskeep om vir die armes kos te gee nie,’ het hulle vir die gelowiges gesê. ‘Ons het nou die volgende plan: kies sewe mans uit julle geledere om hierdie werk by ons oor te neem… Hulle moet ook verstandig wees en vol van die krag van die Heilige Gees. Dan kan ons voortgaan met ons taak om te bid en om die Woord van God bekend te maak’’ (verse 2-4 DB). Wat was die resultaat? ‘Die woord van God het verder versprei, en die aantal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem…’ (vers 7 NLV). Jy kan jou lewenskwaliteit verbeter deur te leer hoe om te delegeer. Hier is hoe jy dit doen: 1) Begin met ‘n taak wat jy tans verrig wat aan iemand anders oorgedra kan word. 2) Identifiseer ‘n persoon met die vermoë (nie net die gewilligheid nie) om dit te doen. 3) Neem tyd om die stappe neer te skryf en dit saam met die persoon deur te gaan. 4) Verduidelik waarom die taak noodsaaklik is en hoe dit in die groter prentjie inpas. 5) As die taak tydsensitief is, stel duidelike sperdatums vas. (6) Stel jou verwagtinge duidelik. (7) Evalueer die persoon se vordering op ‘n deurlopende basis totdat jy seker is dat hulle die werk sonder jou betrokkenheid kan hanteer. Help hulle vir ‘n rukkie en volg gereeld by hulle op om seker te maak hulle doen die werk reg. Dis hoe jy leer om te delegeer.
9 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min