Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Loading player...
Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie.
Dié week in Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan en onthul Hendrikse se kramp was so erg dat dié skrumskakel Dinsdag steeds nie kon oefen nie.
Powell verklap ook wat alles agter die skerms gebeur het toe hulle besef die VRK-kwarteind stuur op ’n skopstryd af. Pakke dokumente is bestudeer, waaghalsige strategiese plaasvervangers is opgestuur, en ’n wit tekenbord is uitgerus om taktiek op te trek.
Powell vertel ook hoe die jong Bradley Davids van oor tot oor geglimlag het voordat hy begin aanlê het pale toe.
In nog dramatiese sportnuus hoor ons by Heinrich Klaasen wat die rede agter sy skok-uittrede uit internasionale krieket is.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
4 Jun 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees?

Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer? Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
12 Aug 18 min

Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl

Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl. Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe…
5 Aug 31 min

Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets?

Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus. Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies. * Ons wil…
29 Jul 23 min

Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!

Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie…
22 Jul 23 min

Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken

Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie…
15 Jul 14 min