RPO bekommerd oor Karan BEK-uitbreking

Loading player...
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het met kommer gereageer op die nuus dat daar ’n bevestigde geval van bek-en-klouseer (BEK) by Karan Beef se voerkraal in Heidelberg is. Volgens Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte van die RPO, het Karan Beef intussen besluit om die aankoop van nuwe diere na hul hooffasiliteit tydelik te staak. “Hierdie nuus het verreikende implikasies, veral aangesien Karan Beef die grootste enkele koper van speenkalwers in Suid-Afrika is, met ’n geskatte maandelikse aankoop van 40 000 tot 50 000 kalwers.”
3 Jun 2025 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Grey Kollege in Bloemfontein, het 'n nuwe Agri sentrum geopen!

Grey Kollege in Bloemfontein het 'n nuwe Agri sentrum geopen, wat die skool 'n belangrike rolspeler in die opleiding van die jeug - in landbou, maak. Isabel van Tonder gesels met Jan-Harm Greyling, Voorsitter van die beheerraad, oor die opwindende en waardevolle toevoeging van die skool.
20 Oct 11PM 8 min