Woord vir Vandag - 31 Mei 2025

--:--
“…hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!” Matteus 7:11 NLV
‘Baie meer’ of ‘baie minder’ (2)
Probeer jou die oorvloedigheid wat God vir jou voorberei het, indink (sien 1 Korintiërs 2:9). Besluit dan dat die taal van jou hart die ‘baie meer’ van geloof gaan wees en nie die ‘baie minder’ van ongeloof nie. Let die volgende op: 1) Jou verlossing oortref jou sonde. Maak nie saak hoe sondig jou verlede is nie, ‘…die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles!’ (Romeine 5:15 NLV). Wees bly! Jy is ‘baie meer’ vergewe. 2) Christus wat in jou lewe, red jou voortdurend. As Hy in jou bly, werk sy verlossing aktief in jou. ‘Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie!’ (Romeine 5:10 NLV). 3) Die Heilige Gees sal oorvloedig in jou wees. ‘As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra’ (Lukas 11:13 NLV). 4) Jy kan in oorwinning deur Jesus lewe. ‘…almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer’ (Romeine 5:17 NLV). Jy kan deur God se genade ‘baie meer’ in oorwinning wandel. 5) Alles wat jy nodig het, sal Hy voorsien. ‘As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!’ (Matteus 7:11 NLV). As jy ‘n ‘baie meer’ mentaliteit ontwikkel, sal jy begin om die ‘goeie dinge’ wat God voorsien, te geniet.
30 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min