Woord vir Vandag - 25 Mei 2025

Network error while loading playlist url
“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.” 1 Korintiërs 13:7 NLV
Moenie toelaat dat ‘n muur tussen julle gebou word nie
’n Onbekende skrywer het hierdie aangrypende woorde geskryf: ‘Hul troufoto het hulle van die rak af gespot, hierdie twee wie se gedagtes mekaar nie meer aangeraak het nie. Hulle het met so ‘n swaar versperring tussen hulle begin leef dat nie ‘n ensiklopedie van woorde of ‘n artillerie van aanraking dit kon afbreek nie. Iewers, tussen die oudste kind se eerste tand en die jongste dogter se gradeplegtigheid, het hulle mekaar verloor. Deur die jare het elkeen stadig daardie deurmekaar bol tou genaamd, self, ontrafel, en terwyl hulle aan hardnekkige knope geruk het, het elkeen sy soektog vir die ander verberg. Soms het sy snags gehuil en die fluisterende donkerte gesmeek om vir haar te sê wie sy is. Hy het langs haar gelê en snork soos ‘n beer wat hiberneer, onbewus van haar winter. Sy het ‘n kursus oor moderne kuns geneem, probeer om haarself in kleure wat op ‘n doek gespat is te vind en by die ander vroue oor mans wat onsensitief is, gekla. Hy het in ‘n graf genaamd ‘Die Kantoor’ geklim, sy gedagtes in ‘n kleed van syfers op papiere toegedraai en homself in kliënte begrawe. Stadig het die muur tussen hulle verrys, gebou deur die sement van onverskilligheid. Op ‘n dag, terwyl hulle na mekaar uitreik, het hulle ‘n versperring gevind wat hulle nie kon binnedring nie. Hulle het teruggedeins van die klip se koue en elkeen het van die vreemdeling aan die ander kant teruggetrek. Wanneer liefde sterf, is dit nie in ‘n oomblik van woedende baklei of wanneer vurige lywe hul hitte verloor nie. Dit lê hygend, uitgeput, vasgeval aan die onderkant van ’n muur waaroor dit nie kon kom nie.’ Die woord is dus vandag vir jou: moenie toelaat dat ‘n muur tussen julle gebou word nie.
24 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2025

“The house of the righteous contains great treasure.” Proverbs 15:6 NIV The Bible and your investments (3) In order to overcome your fear of investing, you must do these three things: (1) Get savvy. Before you start investing, you need to learn the language and nuances of the stock market,…
30 Oct 2 min

Word for Today - 9 Nov 2025

“By that one offering he made forever perfect in the sight of God all those whom he is making holy.” Hebrews 10:14 TLB You will never be perfect enough (2) Author Dorothy Littell Greco writes: “For some perfectionists, the fear of making a mistake results in a sort of paralysis,…
29 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 9 Nov 2025

“Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig.” Hebreërs 10:14 NLV Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (2) Dorothy Littell Greco skryf: ‘Vir sommige perfeksioniste lei die vrees om ‘n fout te maak tot ‘n soort verlamming, wat ons oor elke besluit laat tob…
29 Oct 2 min

Word for Today - 8 Nov 2025

“By grace you have been saved…it is…not a result of works.” Ephesians 2:8-9 ESV You will never be perfect enough (1) A perfectionist seeks to achieve nothing less than perfection. Dorothy Littell Greco writes: “I’ve been a perfectionist for as long as I can remember…I had to get A’s, had…
29 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 8 Nov 2025

“…julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie…” Efesiërs 2:8-9 NLV Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (1) ‘n Perfeksionis streef daarna om niks minder as absolute perfeksie te bereik nie. Dorothy Littel Greco skryf:…
29 Oct 2 min