Woord vir Vandag - 24 Mei 2025

--:--
“val die 24 ouderlinge in aanbidding voor Hom… neer… en sit hulle krone voor die troon neer…” Openbaring 4:10 NLV
Gee God al die heerlikheid
Wanneer ons mense wat ons belangrik ag probeer beïndruk, word ons trofeëversamelaars. Ons dink: ‘Ek is belangriker omdat ek hierdie bekende mens ken.’ Allerhande objekte kan trofeë word: ons universiteitsgrade, die huis waarin ons bly, ons voorkoms, ons klere, komplimente en bevorderings. Daar is selfs webtuistes waar jy vir jouself ‘n trofeëvrou kan gaan uitsoek – ‘n vrou wie se skoonheid ‘n huldeblyk aan haar man se rykdom en invloed is. ‘n Trofeë is enigiets wat jy besit wat ander mense laat ‘Wow!’ sê. Om egter vir trofeë te leef laat jou leeg, ongelukkig en moeg voel. Trofeë bring ‘n oomblik van geluk mee wat verslawend kan wees, maar die gevoel van geluk verdwyn altyd. Dit is opmerklik dat in die hemel, wanneer beelde soos krone gebruik word, mense dit voor die Here se voete sit in plaas daarvan om dit te dra. Wanneer jy die triomf, bewondering en eer weggee, bring dit vir jou vreugde. Wanneer jy dit egter versamel, word hulle dof, vervaag en word ‘n las. Dis hoekom die Bybel sê: ‘val die 24 ouderlinge in aanbidding voor Hom wat vir altyd op die troon sit, neer. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: ‘U is waardig, Here ons God, om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur u wil is alles wat bestaan, geskape’’ (verse 10-11 NLV). Enigiets goeds wat jy het, enigiets goed wat jy is en enigiets goed wat jy in die toekoms sal ontvang, kom alles van God af. Maak dus seker om vir God al die heerlikheid te gee.
23 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min