Woord vir Vandag - 17 Mei 2025

--:--
“…want so maak kinders wat ’n liefdevolle Vader het…” Efesiërs 5:1 DB
Die kinders hou jou dop (1)
Susan Alexander Yates bied vir ons Skriftuurlike riglyne aan oor hoe om invloed oor ons kinders uit te oefen. 1) Ryk na nie-Christene uit. As jy wil hê dat jou kinders in geloof moet groei, moet jy hulle aan mense wat geloof nodig het, blootstel. God het ons geroep om sout en lig vir die aarde te wees (sien Matteus 5:13-16), maar dit sal nie gebeur as jy al jou vrye tyd saam met gelowiges deurbring nie. Kinders is ook meer geneig om na ander uit te reik wanneer hulle ‘n voorbeeld daarvan by die huis sien. Om uit te reik kan skrikwekkend voel, maar wanneer jy dit waag, sal God op opwindende maniere deur jou werk. 2) Bewys dankbaarheid. Niemand, insluitend God, geniet ‘n kind wat neul nie. Wanneer ons Hom waardeer, behaag dit sy hart. Kinders neem jou houding waar.Wanneer jy aanhoudend kla, sal hulle meer geneig wees om te neul. Wanneer jy op die negatiewe fokus, leer hulle om op dit wat kortkom, te fokus. 3) Maak tyd vir jou eggenoot. Ons raak besig met die kinders, die werk en aktiwiteite by die kerk en dink dat ons tyd met ons eggenoot sal bestee wanneer dinge gekalmeer het. Die probleem is dat dit nooit doen nie. Moenie dat die onkruid van sogenaamde belangrike dinge, jou verhouding verwurg nie. Jou kinders se sekuriteit word op die wete dat jy hulle liefhet gebaseer, maar dit kry vlerke wanneer hulle weet dat julle vir mekaar lief is! Die Bybel sê: ‘…’n Wyse kind verskaf sy ouers groot vreugde’ (Spreuke 23:24 NLV). Jy maak die volgende generasie groot en hulle moet weet dat ‘n gelukkige huwelik tyd en inspanning verg.
16 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min