Woord vir Vandag - 14 Mei 2025

--:--
“...niemand behalwe U kan dié wat magteloos is, help teen dié wat magtig is nie…” 2 Kronieke 14:11 NLV
Plaas God tussen jouself en jou vyand
Toe hy voor ‘n vyand wat hy nie op sy eie kon oorwin nie te staan kom, het koning Asa gebid: ‘…’Here, niemand behalwe U kan dié wat magteloos is, help teen dié wat magtig is nie. Help ons, Here ons God, want ons vertrou op U alleen. Dit is in u Naam dat ons teen hierdie hordes stelling ingeneem het. Here, U is ons God; moenie dat blote mense teen U seëvier nie!’ Die Here het die Kussiete voor Asa en die leër van Juda verslaan sodat hulle gevlug het’ (verse 11-12 NLV). F.B. Meyer skryf: ‘Herinner God aan sy belofte: ‘…niemand behalwe U kan dié wat magteloos is, help teen dié wat magtig is nie.’ Die beproewing waarvoor Asa te staan gekom het was enorm. Daar was ‘n miljoen gewapende mans langs driehonderd strydwaens wat teen hom wou veg. Dit het onmoontlik gelyk om teen daardie groot menigte staande te bly. Daar was geen bondgenote wat hom sou help nie; sy enigste hoop het dus op God gerus. Dit mag wees dat jou moeilikhede so erg geword het dat jy nie meer op die mense wat jou in kleiner beproewinge bygestaan het, kan steun nie; al wat oorbly is om jou aan die genade van die Almagtige te onderwerp. Plaas God tussen jouself en die vyand. Asa het geglo dat God tussen die leër van Serag, die Kussiet, en homself sou kom staan. Hy het hom ook nie misgis nie, want die Here het die Kussiete voor Asa en sy leër verslaan. Ons God kan onverwagte versterkings op enige oomblik om sy mense te help, ontbied. Glo dat Hy tussen jouself en jou vyand staan. Die moeilikheid sal dan soos wolke voor die stormwind vlug.’
13 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min