Woord vir Vandag - 13 Mei 2025

--:--
“…hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.” Jeremia 2:13 NLV
Net Jesus kan jou siel bevredig
Dit is deel van ons natuur om dinge te begeer. Ons hou aan om te begeer net soos wat ons aanhou om ons volgende asemteug te neem. Die probleem is dat wanneer ons die dinge kry wat ons begeer, bring dit nie die geluk waarna ons smag mee nie. Dus bly ons na meer en meer dinge soek. Volgens een teoloog is die probleem egter as volg: ‘Ons kan nie genoeg kry van dit wat ons nie nodig het nie. Maak nie saak hoeveel ons het nie, dis nooit genoeg nie. Daar is geen blywende sielsbevrediging nie. Ek het ‘n advertensie met die opskrif: ‘Gister het ek nie geweet dit bestaan nie; vandag kan ek nie daarsonder lewe nie,’ gesien. Dit word die mite van meer genoem, die mite dat meer op die ou einde genoeg sal wees. As ons hierdie mite glo, bestee ons ons lewens op soek na die volgende ding. Dit kan ‘n motor, of ‘n promosie, of die liefde van ‘n pragtige vrou of aantreklike man, wees. Dit kan, afhangend van jou ouderdom, ‘n iPod, of ‘n Lamborghini, of ‘n Barbiepop wees. Ons bly hoop dat die volgende ding dit waarna ons soek - die bron van ware bevrediging vir ons siele - sal wees. Vir ‘n paar minute, of dalk dae, ervaar ons ware sielsbevrediging. Dan vervaag dit. Dit vervaag altyd.’ Net Jesus kan ons bevredig; alles anders stel net teleur. God het gesê: ‘My volk het twee sondes gedoen: Hulle het My verlaat, die fontein wat lewe gee, en hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.’ As jy moeg is daarvoor om ‘n leë lewe te lei, kom na Jesus toe. Hy sal jou nie teleurstel nie.
12 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 17 June 2025

“Take…the sword of the Spirit, which is the word of God.” Ephesians 6:17 NKJV Pastor, keep your sword sharp Paul warned his spiritual son and successor, Timothy: “Know this…in the last days perilous times will come: For men will be lovers of themselves, lovers of money, boasters, proud, blasphemers, disobedient…
16 Jun 2 min

Word for Today - 16 June 2025

“For forty days he was tempted by the devil.” Luke 4:2 NIV Rejoice - day forty-one is coming! In Scripture, the number forty denotes testing, trials, and temptation. God told Noah, “I will send rain on the earth for forty days and forty nights…I will wipe from the face of…
15 Jun 2 min

Word for Today - 15 June 2025

“Fathers, do not exasperate your children; instead, bring them up in the training and instruction of the Lord.” Ephesians 6:4 NIV Fathers, leave footprints for your children The story is told of a man in a supermarket pushing a cart with a screaming baby. He kept repeating softly, “Keep calm,…
14 Jun 2 min

Woord vir Vandag - 17 Junie 2025

“Gebruik… as swaard, die Gees, dit is God se woord.” Efesiërs 6:17 NLV Pastoor, hou jou swaard skerp Paulus het sy geestelike seun en opvolger, Timoteus, gewaarsku: ‘Jy moet ook dít weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom. Want mense sal net hulleself en hulle…
16 Jun 2 min

Woord vir Vandag - 16 Junie 2025

“waar die duiwel hom vir 40 dae lank versoek het…” Lukas 4:2 NLV Wees bly – dag een-en-veertig is op pad! Die getal veertig in die Skrif verwys na toetsing, beproewing en versoeking. God het vir Noag gesê: ‘Oor sewe dae sal Ek dit vir 40 dae en 40 nagte…
15 Jun 2 min