Die 2024/25 somergraanoesseisoen in Suid-Afrika het talle uitdagings vir mielie- en sojaboonprodusente ingehou, met onvoorspelbare weer, siekte-uitbrekings en plaagprobleme wat opbrengste en graankwaliteit bedreig het. Hanlie Geldenhuys, landboukundige by Syngenta Suid-Afrika, beskryf die seisoen as ‘vreemd’ en beklemtoon dat risikobestuur nou noodsaakliker as ooit is.
Verbruikers kla dikwels oor die hoë prys van rooivleis in Suid-Afrikaanse winkels, maar volgens dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), moet hierdie prys in konteks gesien word.
As deel van OFM Agri se reeks oor mites en wanpersepsies in die landboubedrywe, hoor ons ook van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging (SAPV) waarmee hulle te kampe het. Izaak Breitenbach, hoof van die braaikuikenafdeling, gesels met OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger.
Moderne graanverbouing is deesdae baie meer as net saai, oes en verkoop. Dr. Tobias Doyer, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, meen boerdery verg uitgebreide tegniese kennis, groot finansiële beleggings en gesofistikeerde tegnologie, en is dit ver verwyder van die romantiese beeld van ’n eenvoudige plaaslewe.
Dis krities om die regte beeld van Suid-Afrikaanse landbou internasionaal oor te dra. Johann Kotzé, hoof uitvoerende beampte van AgriSA, het onlangs van ’n besoek aan die Verenigde State teruggekeer en sy insigte oor die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika met OFM Agri gedeel.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.