Delf Steeds Dieper - 18 April 2025

Loading player...
Wat 'n voorreg om op hierdie spesiale dag te kan uitsaai. Die dag waarop ons die grootste gebeurtenis vir die mensdom ooit gedenk - ons Messias wat namens die mens die satan en sy hel oorwin het!! Om oor hierdie kosbare oorwinning te gesels, kuier Past. Phillip Pretorius by my in die ateljee. Wat 'n heerlike gespreksgenoot! Phillip, soos hy graag genoem wil wees, staan in Pretoria, aan die stuur van die sewe gemeentes van die groep "Church of Every Nation." Moenie hierdie gesprek misloop nie.
Vir die tweede gedeelte van die program, nooi ek jou om saam my te kuier rondom poësie wat ons Vader my gevra het om neer te skryf - alles in hierdie aanbieding, gaan oor Pase. Kom word gerus saam met my stil voor die grootste wonder ooit - wat Jesus Christus vir die mensdom bewerk het!
18 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 23 Mei 2025

Wat ‘n voorreg om vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd met Bennie Mostert te kan gesels! Bennie is een van ons land se strydrosse waar dit kom by gebed. Ons Vader openbaar Hom altyd dieper en dieper aan hierdie man. Moenie hierdie gesprek misloop nie. Elizabeth Jordaan…
23 May 1 hr 31 min

Delf Steeds Dieper - 16 Mei 2025

Izak Coetzee het geen bekendstelling in hierdie program nodig nie. Kosbare Izak kom gee ‘n dieper verstaan van dit wat vir ons opgeteken staan in Jeremia 31 en ook Esegiel 36. Kyk eers na die twee hoofstukke voordat jy na die Potgooi luister! Andermaal teen tien oor tien sal Elizabeth…
16 May 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 9 Mei 2025

Op 25 April – presies twee weke gelede – het ek die voorreg gehad om Marianne Peak uit te saai en sy het gesels oor vergifnis. Ons kon daardie dag nie diep genoeg gesels nie en het toe belowe om haar weer uit te saai. Hier is dit. Marianne Peak…
9 May 1 hr 32 min

Delf Steeds Dieper - 2 Mei 2025

By ‘n vorige geleentheid was Prof Wentzel Coetzer my gas toe ons gesels het oor die grootmaak van dogters. Die tyd het ons ingehaal – daar was nog baie om oor te gesels. In hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper, is Prof Wentzel terug om ons verder wakker te maak…
2 May 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper - 25 April 2025

Ons het pas Paasnaweek en daarmee saam die wonder van Pase gevier. In die kern van Paasfees – staan VERGIFNIS. Kom ons praat weer oor vergifnis – as ons hierdie groot Goddelike wonder nie verstaan of waarlik in ons eie lewe toepas nie, is die vier van die fees wat…
25 Apr 1 hr 17 min