Woord vir Vandag - 15 April 2025

Loading player...
“…Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek.” Eksodus 14:15 AFR83
Vrees is die vyand van groei
As jy wil groei, moet jy die vrees om foute te maak, oorkom. Soos die skrywer en professor Warren Bennis dit stel: ‘’n Fout is eenvoudig ‘n ander manier om iets te doen.’ Verwag dus om foute te maak en aanvaar dit as ‘n teken dat jy in die regte rigting beweeg. Met die Rietsee voor hulle en farao se oorlogswaens agter hulle, het die kinders van Israel begin paniekerig raak. ‘Toe het die Here vir Moses gesê: ‘Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek’’ (vers 15 AFR83). Toe hulle dit doen, het die Rietsee ‘n pad na oorwinning en ‘n begraafplaas vir die vyand wat hulle gevrees het, geword. As jy eers die ‘beste pad’ of die ‘perfekte pad’ wil vind, sal jy nooit êrens kom nie. Dis soos om op ‘n onbekende pad in die nag te bestuur. Die ideaal is dat jy jou hele roete sal wil sien voordat jy wegtrek. Jy sien dit egter net bietjie vir bietjie. Soos jy vorentoe beweeg, word meer van die pad aan jou geopenbaar. As jy dus meer van die pad wil sien, moet jy begin beweeg. Maak ‘n verbintenis met jouself om met jou groeiplan te begin en vir ten minste twaalf maande daarby te hou. As jy dit doen, sal jy ‘n liefde vir die proses ontwikkel en aan die einde van die jaar sal jy kan sien hoe ver jy gevorder het. ‘Maak jou woning groter. Span jou tent wyer, en moenie huiwer nie. Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in. Want jy sal na links en regs uitbrei…’ (Jesaja 54:2-3 NLV).
14 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min