Delf Steeds Dieper - 11 April 2025

Network error while loading playlist url
Heerlik om mense van wie se betsaan jy nie geweet het nie, skielik op sosiale media te ontmoet! Nadia Roux is iemand wat ekself nog nooit in lewende lywe ontmoet het nie, maar wat ‘n getuienis het hierdie meisie nie!! Die oproep van ons Vader ontvang, in Wes Afrika gaan sendingwerk doen en boonop die mooiste gedigte begin skryf. Moenie hierdie gesprek misloop nie. Haar poësie is ook in ‘n boek beskikbaar – MET die pragtigste fotografie om die betekenis uit te lig!! ‘n Pragtige koffietafel boek!
In plaas van Elizabeth Jordaan sal ‘n nasaat van Andrew Murray in die laaste deel van die program my gas wees. Isabel Murray – sy gesels oor ‘n boek wat sy self geskryf het oor die kinders van Andrew Murray en steeds ook oor die kosbare bydrae wat Andrew Murray in SA gehad het.
Hierdie reeks is reeds geruime tyd aan die gang. Vanaf Junie 2024 word hierdie bydraes op potgooi aangebied. Gaan gerus na https://iono.fm/e/1529803 om weer na die hele reeks te luister.
11 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou…
5 Sep 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper 22 Aug 2025

Radio Kansel vier verjaardag!! Soveel jare op die lug en soveel kontakte, boodskappe, opdragte ... En alles is genade. Kom vier saam met ons dit wat ons Vader deur hierdie kanaal op die luggolwe van SA toegelaat het! DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die…
22 Aug 1 hr 16 min

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min