Toerbroers, neem jou saam op ‘n opwindende reis in hul nuwe reeks, Toerbroers: Jou Toekoms

Loading player...
Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, bekend as die Toerbroers, neem jou saam op ‘n opwindende reis in hul nuwe reeks, Toerbroers: Jou Toekoms, wat op 3 April om 17:30 op kykNET begin!

Hierdie unieke projek bied 'n platform aan 45 jong matrieks — die “joggies” — om hul droom in die toerismebedryf te verwirklik. Sien hoe hulle oor 13 episodes leer, groei en met elke uitdaging 'n stap nader aan 'n splinternuwe toekoms beweeg.

Met opvoedkundige geleenthede, praktiese ondervinding en verrassings aan die orde van die dag, bied hierdie reeks nie net vermaak nie, maar help dit ook om 'n positiewe verskil in jong mense se lewens te maak.

Volg die journey en laat jou inspirasie floreer!

Toerbroers: Jou toekoms begin op Donderdag 3 April om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)
9 Apr 2025 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Van Arendsvlei tot Skemergrond: Robyn Rossouw se volle-sirkel-oomblik

Sy speel 'n ma wat van haar verlede weg hardloop, maar vir Robyn Rossouw was die rol van Cheryl in Skemergrond 'n kans om haarself te konfronteer. Luister hier na haar gesprek oor trauma, vertroue op stel, en hoekom hierdie karakter vir haar so besonders is. Skemergrond word Maandae tot…
8 Jul 1PM 8 min

Neels van Jaarsveld oor sy nuwe rol as tuisbly-pa in Beter as Gister

Hy speel Marco Fouché, 'n toegewyde pa wat sy loopbaan vir sy kinders opsy gesit het maar nou begin dinge verander. Neels van Jaarsveld gesels oor die nuwe kykNET-dramareeks Beter as Gister, wat die kollig plaas op pa's en die druk wat hulle ervaar. Die reeks begin 30 Junie om…
24 Jun 1PM 7 min