Junior kokke kry kans om te skitter in Noord-Kaapse kompetisie

--:--
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Noord-Kaap het ’n opwindende inisiatief van stapel gestuur om jong talentvolle kokke die kans te gee om hul kookvernuf ten toon te stel.
Die Junior Kok van die Jaar-kompetisie, in samewerking met Butler’s hotelskool en Jonsson Workwear, is oop vir leerders tussen 13 en 17 jaar oud. Inskrywings is reeds aan die gang en sluit op 31 Maart 2025.
Volgens Yolandé Botha van die RPO is die doel van die kompetisie om jongmense meer betrokke te kry by die voorbereiding van disse, veral dié wat rooi vleis insluit. “In ’n wêreld waar kitskos en poeierdrankies gewild is, wil ons die belangrikheid van rooi vleis as ’n voedsame proteïenbron beklemtoon.”
24 Mar 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Case IH se kragtigste trekker nou ook in SA

OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met die Case IH-span oor die splinternuwe Steiger 715 Quadtrac, wat onlangs in Bloemfontein bekendgestel is.
14 Apr 11PM 6 min

TLU SA Paasboodskap

Met Paasnaweek om die draai, deel TLU SA president, Henry Geldenhuys, ‘n boodskap met landbouers…
13 Apr 9AM 1 min

Landbouskool Hendrik Potgieter kompetisie

Dis die derde jaar wat Landbouskool Hendrik Potgieter in Reddersburg hul masjienskeer, handskeer en wolhanteringkompetisie aangebied het by die BKB kompleks by Bloemfontein skougronde. Johan Gunter het gesels met die skoolhoof mnr Christi Swarts asook met Anri Coetzee, die onderwyseres betrokke by hierdie kompetisie asook twee van die leerders wat…
13 Apr 9AM 4 min