Bizskoops - 13 Maart 2025

Loading player...
Ons het vandag 'n baie spesiale program.

# Eerstens kyk ons na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede.
# Die Ekonoom, professor Waldo Krugell, sal ook vir ons sy terugvoer gee oor die toespraak.
# Daarna loer ons in by die tweede Cape Winelands Knowledge Sharing fees wat vroeër hierdie week in die Paarl plaasgevind het.
Die geleentheid het byna uitsluitlik gefokus op werkloosheid onder die jeug en die rol wat Kunsmatige Intelligensie kan speel om hierdie maatskaplike euwel te help verlig.
Newskoop het die geleentheid bygewoon en ons het van bedryfsleiers soos die visepresident van LinkedIn, Seamus Clancy, gehoor oor hoe gemeenskapsradiostasies LinkedIn as 'n instrument kan gebruik om hul gehoor te bereik en by te dra om werkloosheid in hul gemeenskappe aan te spreek.
# Ons het ook gesels met die Direkteur van Digitale Leeroplossings van SpecCon Consulting, Hermias Niewoudt. Hermias vertel meer oor hoe hul digitale platforms kortkursusse aan werklose jeugdiges regoor die land beskikbaar stel teen die fraksie van die prys van ander aanlynkursusse.
# Ons het ook daarin geslaag om in gesprek te tree met professor Liz Archer van die Universiteit van Wes-Kaapland. Professor Archer is 'n spesialis op die gebied van KI in hoër onderwys en sy het 'n paar wenke met die jonger generasie gedeel oor hoe om voor te berei vir die wêreld van werk en hoe om meer indiensneembaar te word.
13 Mar 2025 Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 15 Januarie 2026

In hierdie week se Bizskoops verduidelik ekonoom, professor Waldo Krugell, hoe wêreldskokke en geopolitieke spitsvure kan deurwerk na Suid-Afrika se groei, inflasie, geldeenheid en beleggingsklimaat. Dit volg op Pretoria se uitgesproke veroordeling van die onlangse Amerikaanse militêre gevangneming van die Venezolaanse president, Nicolás Maduro. Chris Hattingh van die Centre for…
15 Jan 11 min

Bizskoops - 8 Januarie 2026

In hierdie week se Bizskoops verskuif ons die fokus na Afrika se groen oorgang met ’n spesiale fokus op die 2026 Africa’s Green Economy Summit in Kaapstad, ’n transaksiegedrewe platform wat internasionale kapitaal met Afrika-geleenthede in hernubare energie, groen mobiliteit, water en afval, volhoubare landbou, groen geboue, die blou ekonomie…
8 Jan 11 min

Bizskoops - 18 Desember 2025

Op hierdie week se Bizskoops ontleed ons die verskuiwende openbare sentiment oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding deel sy perspektief oor 'n onlangse Suid-Afrikaanse Versoeningsbarometer-opname wat toon dat die meeste Suid-Afrikaners die ANC se huidige SEB-beleid teenstaan. Die ekonoom professor Waldo Krugell keer terug…
18 Dec 2025 10 min

Bizskoops - 11 Desember 2025

Op hierdie week se Bizskoops kyk ons na dringende ekonomiese kwessies en opkomende tendense wat Suid-Afrika en die wêreld vorm. Ekonoom Professor Waldo Krugell bespreek die voortdurende uitdagings van aanlyn dobbelary en die breër impak daarvan. Op die beleggingsfront deel Todd Micklethwaite, Uitvoerende Hoof by Sanlam Alternative Investments, strategiese prioriteite…
11 Dec 2025 10 min

Bizskoops - 4 Desember 2025

Is jy gereed vir die nuutste sakenuus, plaaslik en internasionaal, op hierdie week se Bizskoops? Op hierdie week se Bizskoops het ons belangrike ekonomiese tendense ondersoek wat Afrika en Suid-Afrika se unieke posisie vorm. Ons het afgeskop met insigte van Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding, wat sy sienings…
3 Dec 2025 11 min