Woord vir Vandag - 17 Mrt 2025

Loading player...
“Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk…” Eksodus 33:11 NLV
Het jy al met God daaroor gepraat?
Moses het ‘n spesiale plek gehad waar hy God ontmoet het. Dit is die ‘ontmoetingstent’ genoem (vers 7 NLV). Waaroor het hulle gepraat? ‘Op ‘n keer het Moses vir die Here gesê: ‘U het vir my gesê om hierdie volk te lei na die land wat U aan hulle beloof het. U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie… sê asseblief wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my verwag…’ Hy vra toe vir Moses: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’’ (verse 12-14 NLV). Let die drie dinge op waaroor Moses vir God uitgevra het: 1) ‘U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie.’ Dit was wys, want mense kan jou opbou of afbreek. Jy moet weet wie in jou lewe hoort en wie nie en God is die enigste een wat dit vir jou kan sê. 2) ‘Sê asseblief wat u planne is.’ God se wil, wat op God se manier, volgens God se tydsberekening gedoen word, bring altyd sukses mee. As jy egter jou eie wil, op jou manier, volgens jou eie tydsberekening doen, bring dit net moeilikheid en hartseer mee. 3) ‘Sodat ek kan weet wat U van my verwag.’ Op jou eie kan jy nie die uitdaging baasraak nie, maar deur die krag van God se inwonende Gees kan jy groot dinge vermag, Wat God vir Moses belowe het, beloof Hy ook vir jou: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’
16 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 July 2026

“You have been my hope…my confidence since my youth. From birth I have relied on you.” Psalm 71:5-6 NIV Confidence building Scriptures Here are some confidence-building Scriptures you should read, memorize, pray, and stand on each day: (1) “His divine power has given us everything we need for a godly…
25 Jun 1 min

Woord vir Vandag - 31 Julie 2026

“want U, Here, is my hoop. Here, van kleins af het ek op U vertrou. U is my hulp vanaf geboorte…” Psalm 71:5-6 NLV Skrifgedeeltes wat selfvertroue bou Hier is ‘n paar Skrifgedeeltes wat selfvertroue bou en wat jy elke dag moet lees, memoriseer, bid en op staan: 1) ‘Deurdat…
25 Jun 2 min

Word for Today - 30 July 2026

“You have heard that it was said…But I say to you.” Matthew 5:21-22 NKJV Act and react like a Christian Around the turn of the nineteenth century, a Russian physician named Ivan Pavlov won a Nobel Prize for his experiments with dogs. All of them had one thing in common—they…
25 Jun 1 min

Woord vir Vandag - 30 Julie 2026

“Julle het gehoor dat vir ons voorouers gesê is… Maar Ek sê vir julle…” Matteus 5:21-22 NLV Tree op en reageer soos ‘n Christen Aan die einde van die negentiende eeu het ‘n Russiese dokter genaamd Ivan Pavlov ‘n Nobelprys vir sy eksperimente met honde ontvang. Hierdie honde het almal…
25 Jun 2 min

Word for Today - 29 July 2026

“Great multitudes followed him, and he healed them all.” Matthew 12:15 KJV Healing in the New Testament Do you find yourself wondering if Jesus is willing to heal you? Let’s look at the ministry of Jesus Christ, whom the Bible says is “the same yesterday, today, and forever” (Hebrews 13:8…
25 Jun 2 min