Pastoor in oënskynlike sluipmoord doodgeskiet

Loading player...
'n Prominente pastoor is gisteraand op die R536 in Cork Trust tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin in ‘n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet. Doktor Ezrom Mathumbu is as ‘n bekende radiopersoonlikheid, politikus en sakeman beskryf. Volgens die Mpumalanga polisie is hy verskeie kere geskiet terwyl hy in sy Toyota GD-6 bakkie gery het. Niks is gesteel nie. Patroondoppies van ‘n jaggeweer is op die toneel herwin. Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.
6 Mar 2025 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min