Sekerheidsbaas vas wat glo vals misdaad aanmeld

Loading player...
‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad. Hy is gister in Mbombela gearresteer weens bewerings dat hy dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, aan 'n ander sekuriteitsmaatskappy verkoop het en hulle toe as gesteel aangemeld het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê die waarnemende polisiekommissaris, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die belangrikheid van vuurwapenbeheer beklemtoon in die lig van hul gebruik in geweldsmisdade.
5 Mar 2025 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min