Episode 37 | Die belydenis van Nicea - die kerkbelydenis wat ‘almal vir 1 700 jaar saam bely’

Loading player...
Toe hy grootgeword het, het hy gedink Christene is Afrikaanse mense soos hy, want hy het nie baie kontak met ander mense gehad nie. Mettertyd het hy egter verstaan dat daar ander mense is wat die Here net so lief het soos hy, maar dalk op ’n ander manier.

So vertel dr Leon Foot van die NG Kerk in die Vrystaat. Helene Meissenheimer hoor by hom hy hoop die Belydenis van Nicea, een van die vroegste Christelike geloofsbelydenisskrifte, kan die hedendaagse kerk help. Hy sê daar is geen ander belydenis wat so ekumenies is soos hierdie een wat verklaar Jesus is die “eniggebore Seun van God … God uit God, Lig uit Lig” nie. “Dit is die een belydenis wat ons almal saam bely,” vertel hy oor hierdie belangrike kerklike geskrif wat vanjaar presies 1700 jaar terug opgestel en aanvaar is.
16 Feb 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min