Woord vir Vandag - 10 Feb 2025

Loading player...
“Maar toe [Petrus] die hoë golwe rondom hom sien, het hy… begin sink…” Matteus 14:30 NLV
Die verskil tussen Abraham en Petrus
Toe Petrus op bevel van Jesus uit die skuit geklim het, het hy iets gedoen wat hy nog nooit vantevore gedoen het nie; iets wonderbaarliks – om op water te loop. Solank as wat hy bly glo het, was hy suksesvol, maar toe vrees hom oorweldig, het hy begin sink. Die Bybel sê: ‘Maar toe hy die hoë golwe rondom hom sien, het hy paniekerig geword en begin sink. Hy skree toe vir Jesus: ‘Here, red my!’ Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp…’ (verse 30-31 NLV). Petrus se fout was dat hy behep met die storm geraak het. Toe hy op die omstandighede rondom hom, in plaas van op die Redder naby hom, begin fokus het, het hy sy geloof verloor en begin twyfel. Abraham het voor ‘n ander, maar net so moeilike stel omstandighede te staan gekom. Hy het ‘n seun gekry toe hy reeds amper honderd jaar oud was. Die Bybel sê egter: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy eer aan God gegee’ (Romeine 4:20 NLV). Abraham was bewus van sy situasie, maar anders as Petrus was hy nie behep daarmee nie. Dit was sy gedetermineerde en gefokuste geloof wat hom vorentoe na sukses gedryf het. Jy kan uit Petrus se fout en Abraham se voorbeeld leer. Jy kan bewus van jou omstandighede wees, maar nie behep daarmee wees nie. Jy kan doelbewus jou aandag op Jesus hou en in geloof vertrou dat Hy die wonderwerk wat jy nodig het, sal voorsien. Die woord vir jou vandag is dus – hou jou oë op Jesus, bly op dit wat Hy in sy Woord aan jou beloof het gefokus, hou aan in geloof wandel en jy sal kom waar jy nodig het om te wees.
9 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min