Twee verdagtes aangekeer na 51 Putco busse in Mpumalanga brand

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het gisteraand twee verdagtes aangekeer in verband met die brandstigting Maandagaand van 51 Putco busse in die Nkangala-distrik. Volgens die polisie het ‘n groep gewapende aanvallers in drie voertuie Putco-werknemers by verskeie depots aangehou. Van hulle is aangerand. Een sekerheidswag is in die been geskiet en gewond. Een van die verdagtes was glo in besit gevind van een van die slagoffers se selfone sowel as ‘n magasyn vir ‘n 9mm pistool.. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Donald Mdhluli:
29 Jan 2025 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min