SANParke bepleit kalmte na olifant toeris vertrap

Loading player...
SANParke vra die publiek om op te hou spekuleer oor die omstandighede rondom die dood Saterdag van ‘n besoeker aan die Krugerwildtuin. Die 59-jarige Shaik Adam Shabir Ammed is deur ‘n olifant vertrap toe hy saam met sy kleinkinders by Malelane-hek foto’s geneem het. Volgens Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, dui ooggetuienis daarop dat twee van Ammed se kleinkinders die bosse ingehardloop het, die olifant hulle bestorm het, en dat hul oupa hulle probeer beskerm het. Phaahla sê die spesifieke dier kon in die gevolglike harwar nie geïdentifiseer word nie. Die polisie is besig met ‘n nadoodse ondersoek.
28 Jan 2025 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min