51 Putco-busse vernietig in brandstigting aanvalle

Loading player...
51 Putco-busse vernietig in brandstigting aanvalle
Die Mpumalanga polisie het bevestig ‘n totaal van 51 Putco-busse is gisteraand by vier depots in die Nkangala-distrik aan die brand gesteek. Drie groepe aanvallers het sekerheidswagte oorval. 16 busse is aan die brand gesteek by Moloto in die Kwamhlanga-area, 18 in Maphotla en 17 in Thanane in die Siyabuswa-area. Een sekerheidswag is in die been geskiet en ‘n ander is aangerand. Beide is hospitaal toe vir behandeling. Die woordvoerder van die polisie, Brigadier Donald Mdhluli, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
28 Jan 2025 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min