Twee wat glo uit Mosambiek tronk ontsnap in Malelane aangekeer

Loading player...
Twee mans wat glo uit 'n tronk in Mosambiek ontsnap het, is gisteraand buite Malalane deur die Mpumalanga-polisie in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Donald Mdhluli, is hulle deur veiligheidsbeamptes vasgetrek weens vermoedens dat hulle nie dokumentasie het om in Suid-Afrika te wees nie. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn vir oortreding van die Immigrasiewet. Die SAPD werk saam met ander instansies om te ondersoek of hulle deel is van 'n groep wat tydens die onlangse politieke onrus in Mosambiek uit 'n tronk ontsnap het.
27 Jan 2025 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min