Stropers swaar gevonnis in Skukuza: NVG

Loading player...
Drie stropers is Vrydag deur die hof in Skukuza gevonnis. ‘n Veldwagter, Philip Gumede, wat sedertien oorlede is, is in Februarie 2019 deur ‘n kollega in die Krugerwildtuin opgemerk met twee passasiers waar hulle ‘n vierde man ontmoet. Hulle is in twee voertuie is op die pad tussen Skukuza en Kruger Hek onderskep. ‘n Renosterhoring, jaggeweer, en messe is in die een voertuig ontdek. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê van die drie oorlewende beskuldigdes is Sam Khosa en Oddis Maluleke elk tot effektief 22 jaar gevonnis. Solly Selahle moet vier jaar tronkstraf uitdien weens sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
27 Jan 2025 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min