Olifant trap besoeker aan Krugerwildtuin dood

Loading player...
Die polisie het ‘n nadoodse ondersoek begin na 'n besoeker aan die Krugerwildtuin Saterdag deur ‘n olifant vertrap is. Die 59-jarige Shaik Adam Shabir Ammed het saam met sy kleinkinders naby die Krokodilrivier by die Malelane-hek foto’s geneem van die olifant toe hy hulle bestorm het. Die 11-jarige seun het glo geval en sy oupa het hom probeer beskerm toe die olifant hom vertrap het. Hy is op die toneel dood verklaar. Sy kleinseun is beseer. SANParke het sy meegevoel betuig met die familie en vriende van die oorledene. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaala:
27 Jan 2025 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min