Bylboordenaar moet lank sit

Loading player...
Die hooggeregshof in Mpumalanga wat in Breyten sit, het Thulani Madonsela drie keer lewenslange tronkstraf opgelê en tot 'n bykomende 38 jaar gevonnis vir die geweldsmisdade wat hy in Februarie 2023 in Ermelo teen sy werkgewer gepleeg het. Madonsela het by Robert Arthur James geld geëis wat na bewering aan hom verskuldig was wat James nie gehad het nie. Madonsela het hom met 'n byl doodgekap en toe sy vrou, Bangon Roopsai, verkrag voordat hy haar ook doodgekap het. James se seun het saam met sy vriendin opgedaag en Madonsela het albei met die byl beseer. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa:
24 Jan 2025 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min