LUR beloof nuwe skool vir Naas

Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het gisteroggend met die skool se beheerliggaam vergader en ‘n plan voorgelê waarvolgens die konstruksie van ‘n nuwe skool in die 2026/27 finansiële jaar sal begin. Intussen besoek die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, vandag Mbombela. Sy sal met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se onderwyssektor aan te spreek.
22 Jan 2025 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min