Paaie in Krugerwildtuin heropen na reën

Loading player...
Die meeste van die grondpaaie in die Krugerwildtuin is heropen namate die weerstoestande verbeter het. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, is die hoofpad tussen Skukuza en Onder Sabie gedeeltelik weggespoel en kan dit via Tshokwane bereik word. In Tshokwane is alle grondpaaie oop, buiten die S33. Die Sand en Sabie laevlak brûe is begaanbaar. Die pad tussen Skukuza en Satara is ook oop. ontvang. Balule-kamp is tans slegs via die Olifantsrivier-hoogwaterbrug toeganklik. Alle ander Bosveldkampe is bereikbaar.
17 Jan 2025 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min