Vyf gearresteer na moord op polisiebevelvoerder in Ermelo

Loading player...
Die Mpumalanga polisie het binne 24 uur van sy dood vyf verdagtes aangekeer in verband met die moord gistermiddag op Luitenant-Kolonel Piet Pretorius in Ermelo. Volgens die polisiewoordvoerder, Luitenant-Kolonel Jabu Ndubane, is hulle is Nelspruit aangekeer. Die 59-jarige bevelvoerder in die voertuig identifiserings-eenheid was aan diens toe hy verskeie kere geskiet is deur ‘n onbekende aanvaller, wat van die toneel af gevlug het. 'n Voertuig wat vermoedelik in die pleeg van misdaad gebruik is, is vanoggend langs Uitbreiding 7 in Ermelo aan die brand gesteek gevind. Die verdagtes is almal tussen 29 en 40 jaar oud. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die vinnige arrestasie verwelkom. Hy besoek vandag Pretorius se familie.
17 Jan 2025 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min