Woord vir Vandag - 14 Jan 2025

Loading player...
“Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit…” 1 Johannes 4:18 NLV
Dryf jou vrese uit
Toe jy klein was en ‘n lelike woord gesê het, mag jou ouers dalk gedreig het om jou mond met seep uit te was. Wel, as vrees ‘n lelike woord is, dan is geloof in God se onvoorwaardelike liefde vir jou soos seep! Te veel mense span die wa voor die perde in. Ons glo dat God ons volgens die graad van ons liefde vir Hom, eerder as die graad van sy liefde vir ons, aanvaar. Die Bybel sê: ‘Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het’ (vers 19 NLV). God se liefde vir jou word nie op jou optrede gebaseer nie, maar op Christus se optrede namens jou. Wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, sien God jou van daardie oomblik af as een met Christus (sien 2 Korintiërs 5:17). Wil jy weet hoe God jou op hierdie oomblik en elke ander oomblik sien? ‘…soos [Jesus] is, is ons ook in hierdie wêreld’ (1 Johannes 4:17 AFR53). Beteken dit ons kan aan God ongehoorsaam wees en daarmee wegkom? Nee! ‘Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is… Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ‘n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gebrei is, die blye oes oplewer van ‘n lewe volgens die wil van God’ (Hebreërs 12:6, 11 NLV). God se tugtiging is nie verwerping nie! Dis ‘n bewys van sy onvoorwaardelike, onbeperkte, onwankelbare en onverdiende liefde vir jou. God het jou nie meer lief op die dae wat jy oorwinning behaal en minder lief op die dae wat jy oorwonne is nie. Sy liefde vir jou wissel of weifel nie. Die wete van hierdie waarheid sal jou geloof versterk en jou vrese laat afneem!
13 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min