Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!

Loading player...
Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n beter kans staan as wat mense dink om die Aussies op Lord’s te klop nie. Wat is jou sportwense vir 2025? Laat weet ons by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
8 Jan Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’

Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref. Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die…
19 Feb 32 min

Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’

In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook…
12 Feb 26 min

Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’

Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het. Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks,…
5 Feb 31 min

Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê

In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het…
29 Jan 32 min