Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!

Loading player...
Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n beter kans staan as wat mense dink om die Aussies op Lord’s te klop nie. Wat is jou sportwense vir 2025? Laat weet ons by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
8 Jan 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt

Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie. Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi. Die Vrystaat moet Vrydagaand wen…
6 May 24 min

Francke Horn: ‘Swaar lesse van laas jaar pantser Leeus vir sukses’

Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen. Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport…
22 Apr 21 min

Francois van Coke: ‘Ek is nou verslaaf aan hardloop’

Rugby, krieket, boks … die rockster Francois van Coke was nog altyd lief vir sport, maar nou is hardloop een van sy grootste stokperdjies. Van Coke het pas sy tweede Twee Oseane-ultramarathon voltooi, in ’n tyd van 5 uur en 49 minute. Hy sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan…
15 Apr 24 min

Faul: ‘SA20 selfs gewilder as sekere Protea-wedstryde’

Die week sluit een van die land se beste sportadministrateurs, Jacques Faul, hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die sakekant van sport.  Faul, die Titans se uitvoerende hoof, sê daar is deesdae soveel opsies vir sportaanhangers dat sekere reekse en toernooie erg sukkel om aandag te trek. …
8 Apr 32 min