Twee polisiebeamptes aangekla weens transitorooftog

Loading player...
Twee polisiebeamptes wat gister in die Vaalbank-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met ‘n transitorooftog, bly in aanhouding tot hulle op 27 Februarie saam met nog ‘n beskuldigde, wat in die Witbank-tronk is, in die hof sal verskyn. Volgens die Valke in Mpumalanga is Zachariah Magopa sedertien uit die polisiediens ontslaan, maar George Phaahla is by sy werksplek, die Vaalbank-polisiestasie, gearresteer. Hulle het na bewering die vuurwapens verskaf waarmee ‘n G4S gepantserde voertuig in Februarie 2021 in die Senotlelo-area van 5-komma-8-miljoen-Rand beroof is. Die saak is tevore van die hofrol geskrap weens ‘n uitstaande forensiese verslag. KLANK:
19 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min